
SUB-BORGE: |
|||
![]() |
|||
![]() |
|||
Wanneer: 3 & 4 September 2010
Waar: Skoolterrein, Hoërskool Vrede
2 uur se ry vanaf Johannesburg,
langs die N3, op pad na Durban
Doel: Fondsinsameling vir Hoërskool Vrede
Waar kom die naam "Paddadors" vandaan?
Lank lank gelede... ʼn Deel van die dorpskommissie was van mening dat die mees geskikte plek vir die dorp die gelyk stuk grond langs die spruit moes wees (die gedeelte waar die gholfbaan vandag geleë is). As motivering is aangevoer dat dáár ten minste volop water is. Die meerderheid van die kommissie het egter op ʼn ander stuk grond besluit. Die voorstanders vir die grond langs die spruit wou dit nie aanvaar nie omdat "as gevolg van ʼn gebrek aan water selfs die paddas daar dors sou wees". Hulle het gevolglik na die gebied verwys as "Paddadors". Nietemin het "Paddadors" die terrein geword waar die dorp vandag geleë is. Gelukkig het die strydende partye hulle rusies bygelê en vrede gemaak en onmiddellik daarna die dorp "Vrede" genoem.
Topografie:
In die Noord-Oos Vrystaat is Bothasberg, Langberg en die Witkoppe, wydbekende landtekens van Vrede, steeds die stille waarnemers van die wisselende lewenstaferele deur die eeue heen, hier op die bultewêreld onder hulle.