Hoërskool Koshuis
Prys: R200pp (en op die koop toe kry jy 'n stewige boere-ontbyt!).
Akkommodasie: Kamers vir 2 tot 4 persone wat deel.
Beskrywing: Moderne koshuis met bad- en stortgeriewe, gerieflik naby die feesterrein, 50m loopafstand.
Kontak: Lize Els, 084 582 5886 of 058 913 1106
Presentskraal Gasteplaas
Prys: Minimum tarief van R500 per nag vir 2 persone. Ekstra: R120 vir volwassenes, R90 per kind.
Akkommodasie: Selfsorg woonhuis met 3 slaapkamers (slaap 8 persone), 2 badkamers, kuier-area met binnebraai, toegeruste kombuis,
DSTV (bring eie kaart).
Beskrywing: Kom ontspan en beleef die rustigheid en pragtige natuurskoon van die Noord-Oos Vrystaat. Braai in die Vaalribboklapa onder die wilgerbome terwyl die kinders in 'n bootjie op die dam roei. Aktiwiteite soos bergfietsry, hengel (swartbaars & karp), voëlkyk, eko-ritte met vierwielmotorfietse, stapplek.
Kontak: Kristelle Koen, 058 913 1977 of 082 561 7504; e-pos: kkoen@zippnorth.co.za
De Oude Pastorie
Gastehuis
Prys: R220pp (met ontbyt), R180pp (sonder ontbyt).
Akkommodasie: Dubbel- en enkelkamers.
Beskrywing: Netjiese selfsorgeenhede in gerestoureerde stalle. Kom beleef die nostalgie van 'n vervloë tyd (Toe 'n man nog die TV afgesit het en kilometers te perd afgelê het om by die nooi te kuier!).
Kontak: Mientjie Geyser, 058 913 1081 of 082 329 0239; e-pos: mientjieg@vodamail.co.za
Bloureën Gastehuis
Prys: R180pp sonder ontbyt. R500 vir die woonstel, 4 mense.
Akkommodasie: Moderne oornag kamers asook naweek verblyf beskikbaar. Private ingang.
Beskrywing: Bed en ontbyt asook selfsorg-eenhede beskikbaar.
Kontak: Gerna van Heyningen, 058 913 3097 of 082 414 7407
OuHout Gastehuis
Prys: R180pp met ligte ontbyt.
Akkommodasie: Moderne oornag kamers.
Beskrywing: Bed en ontbyt. Selfsorg-eenhede ook beskikbaar, met groot leefarea.
Kontak: Wilna van Heyningen, 058 913 2998 of 072 719 7472
Welgevonden Gastehuis
Prys: R180pp sonder ontbyt. R200 met ontbyt.
Akkommodasie: 13 slaapplekke, 3 met privaat tuin. Bed met plaasontbyt. Aandete op aanvraag.
Beskrywing: Luukse Spaanse styl huis met groot tuin. Langs oop veld, pragtige uitsig. Naby gholfbaan, dam en dorp. DSTV in elke kamer.
Kontak: Estelle du Toit, 058 913 1624 of 082 417 3087; www.linx.co.za/welgevonden/index.html
Môreson Ranch
Prys: R295pp (ontbyt ingesluit).
Akkommodasie: Verskeie luukse sandsteenchalets met 'pooltafel'. Oornagkamers. Verhitte swembad en borrelbad op terrein.
Beskrywing: Renosters, leeus, krokodille en verskeie boksoorte in groot getalle. Konferensie-fasiliteite, braai, swembad asook onderdak verhitte swembad, Jacuzzi, jag. Kroeg en restaurant. Veilige wandelpaaie.
Kontak: Maryke Marais, 058 913 9900;
www.moresonranch.co.za
Emanzini Country Resort & Caravan Park
Prys: R540 per chalet (slaapplek vir 4), R200 vir ʼn staanplek (4 persone, karavaan).
Akkommodasie: Chalets, Karavaan staanplekke, houthut op waterfront, kampeerplekke, 'Zulu Domes' (slaap 50, R80pp).
Beskrywing: Ten volle toegeruste oord met gelisensieerde kroeg, swembad. Groot dam vir bote, ski, visvang en watersport. Kom ervaar die rustigheid van die platteland aan die voet van die Langberg.
Kontak: Ria Pinfold, 058 913 2080
Glen B&B
Prys: R195pp (met ontbyt).
Akkommodasie: Dubbelkamer met fasiliteite.
Beskrywing: Smaaklik versierde kamer deur die hand van 'n kunstenaar - die gasvrou. Mooi tuin.
Kontak: Johani de Waal, 058 913 1950 of 082 776
3132 082 776 3132 082 776 3132
Langberg Backpackers
Prys: Vanaf R80pp – R100pp, afhangende van tipe verblyf.
Akkommodasie: 20 Beddens in gesamentlike kamer (bring eie linne, slaapsakke); 2 aparte kamers (beddegoed ingesluit); 2 Berg-chalets (8 persone per chalet, beddegoed ingesluit).
Beskrywing: Netjiese nuut-gerestoureerde sandsteenstalle aan die voet van Langberg, op ʼn plaas, stap, fietsry en klim avonture. Panoramiese uitsig.
Kontak: Anvie Adventures 012 662 1140
Riana Wessels 058 913 1954 of 072 389 9397